Psalms 93ABA

1Die Here is Koning. Hy dra sy koningklere, Hy is sterk. Hy laat die aarde vas staan, dit skud nie.

2Here, u troon staan vas van die begin af, U was van altyd af daar.

3Here, die watervloed het geraas, die watervloed het hard geraas, die branders van die watervloed het geraas.

4Die Here wat uit die hemel regeer, is sterker as die baie water, Hy is sterker as die branders van die see.

5Here, u wette sal nooit verander nie, u tempel moet altyd 'n gewyde plek wees.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 93.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.