Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 86

:
Afrikaans - ABA
1 'n Gebed. Van Dawid. Here, U moet luister, U moet my antwoord, want ek kan myself nie help nie en ek het niks.
2 U moet my lewe beskerm, want ek glo in U. U moet my, u dienaar, red, ek weet U sal. U is my God.
3 My Here, U moet genadig wees vir my, want ek roep die hele dag, ek vra dat Ú my moet help.
4 U moet my, u dienaar, bly maak, want dit is tot Ú wat ek bid.
5 Want U is goed, my Here, U vergewe en U doen alles wat U belowe het vir al die mense wat tot U bid.
6 Here, U moet luister na my gebed, U moet hoor hoe ek soebat.
7 Wanneer dit sleg gaan met my, dan bid ek tot U, want U sal my antwoord.
8 Nie een van die gode is soos U nie, nie een kan doen wat U doen nie.
9 Al die volke wat U gemaak het, sal kom en voor U buig en u Naam eer,
10 want U is groot, U doen wonderwerke, U is God, U alleen.
11 Here, leer vir my hoe U wil dat ek moet lewe, sodat ek sal weet net U is God en sodat ek u Naam sal eer met my hele hart.
12 My Here, my God, ek sal vir U dankie met my hele hart, ek sal u Naam altyd eer.
13 Want U het vir my alles gedoen wat U belowe het, U het my gered van die doderyk daar onder.
14 O God, hoogmoedige mense wil my aanval, wrede mense wil dat ek moet sterf. Hulle maak of U nie daar is nie.
15 Maar U, my Here, is 'n God wat goed is vir mense wat swaarkry en U is genadig. U is baie geduldig en U doen altyd wat U belowe het, U bly dieselfde.
16 U moet na my kyk en U moet genadig wees vir my, U moet my sterk maak en my red. Ek behoort aan U vandat ek gebore is.
17 Wys vir my dat U goed wil wees vir my, sodat die mense wat my haat, dit kan sien en kan weet dat hulle nie sal wen nie, want U, Here, help my en verander dinge vir my.