Bible

Say Goodbye

To Clunky Software & Sunday Tech Stress!

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 72

:
Afrikaans - ABA
1 Van Salomo. O God, U moet vir die koning leer om reg te regeer en om reg te doen soos U.
2 Ons bid dat hy reg sal regeer oor u volk, dat hy reg sal oordeel oor mense wat aan U behoort en wat hulleself nie kan help nie.
3 Daar moet vrede wees en almal moet reg doen in die hele land, tot op die berge en die heuwels.
4 Die koning moet reg doen aan die mense wat hulleself nie kan help nie, hy moet die arm mense red en hy moet die mense straf wat ander mense laat swaarkry.
5 O God, die mense moet vir U dien so lank soos die son en die maan daar is, in hierdie geslag en in elke geslag daarna.
6 Die koning moet vir sy mense wees soos reën op grond waar die gras kort is, soos swaar reën wat die aarde natmaak.
7 Dit moet baie goed gaan met elkeen wat reg doen, daar moet vrede wees vir almal so lank soos die koning lewe, so lank soos die maan daar is.
8 Die koning moet regeer van die een see tot by die ander see, van die Eufraat-rivier tot by die verste plekke op die aarde.
9 Die mense wat in die woestyn woon, moet voor die koning kom buig, sy vyande moet voor hom op die grond kom lê.
10 Konings van die land Tarsis en van die eilande moet vir hom presente bring, konings van die lande Skeba en Seba moet aan hom belasting betaal.
11 Al die konings moet voor hom buig, al die volke moet vir hom werk.
12 Want die koning sal die arm mense red wat vra dat hy hulle moet help, die mense wat hulleself nie kan help nie en vir wie niemand wil help nie.
13 Hy sal jammer wees vir die arm mense, die mense wat niks het nie, hy sal die lewens van die arm mense red.
14 Hy sal hulle wegneem van die mense wat hulle seermaak en hulle laat swaarkry. Die arm mense se lewens is vir die koning kosbaar, niemand mag hulle doodmaak nie.
15 Die koning moet lank lewe. Mense moet vir hom goud bring uit Skeba, hulle moet aanhou bid vir hom, hulle moet die hele dag bid en vra dat dit goed sal gaan met hom.
16 Daar moet baie koring in die land wees, dit moet oral groei, tot bo-op die berge, dit moet groei soos die plante op die Libanon-berg. Daar moet baie mense in die stede wees, so baie soos die gras in die veld.
17 Mense moet die koning altyd onthou, hulle moet sy naam onthou so lank soos daar 'n son is. Al die volke moet weet en dat dit goed gaan met hulle omdat die koning daar is, en hulle moet bid dat hy gelukkig sal wees.
18 Ons prys God, die Here, die God van Israel. Net Hy doen wonderlike dinge.
19 Ons prys die Naam van die Here, die Koning. Die hele aarde moet weet Hy is Koning. Amen, ja amen.
20 Die gebede van Dawid seun van Isai hou hier op.