Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 70

:
Afrikaans - ABA
1 Vir die leier van die koor: Van Dawid. Om mense te help om te onthou.
2 O God, U moet gou maak en my red. Here, U moet gou maak en my help.
3 Daar is mense wat wil dat ek moet sterf, maar U moenie vir hulle laat wen nie, hulle moet verloor.
4 Daar is mense wat my spot, U moet hulle laat vlug, hulle moet weet dat hulle planne nie sal slaag nie.
5 Maar die mense wat naby U wil wees, hulle moet vrolik en bly wees oor U. Die mense wat bly is dat U hulle gered het, hulle moet aanhou sê: “God is groot!”
6 En ek? Ek kan myself nie help nie, ek het niks. O God, U moet gou na my toe kom. Net U kan my help en my vrymaak. Here, U moenie wag nie.