1Vir die leier van die koor: Van Dawid. Om mense te help om te onthou.
2O God, U moet gou maak en my red. Here, U moet gou maak en my help.
3Daar is mense wat wil hê dat ek moet sterf, maar U moenie vir hulle laat wen nie, hulle moet verloor.
4Daar is mense wat my spot, U moet hulle laat vlug, hulle moet weet dat hulle planne nie sal slaag nie.
5Maar die mense wat naby U wil wees, hulle moet vrolik en bly wees oor U. Die mense wat bly is dat U hulle gered het, hulle moet aanhou sê: “God is groot!”
6En ek? Ek kan myself nie help nie, ek het niks. O God, U moet gou na my toe kom. Net U kan my help en my vrymaak. Here, U moenie wag nie.