Bible

Transform

Your Worship Experience with Great Ease

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 67

:
Afrikaans - ABA
1 Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm, 'n lied.
2 O God, U moet goed wees vir ons en ons seën, U moet na ons toe kom. Sela
3 Dan sal die mense op die aarde weet wat U wil hê, al die volke sal weet dat U hulle wil red.
4 O God, die volke moet U prys, die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.
5 Die volke moet bly wees en vrolik sing, want wanneer U die volke oordeel, dan doen U reg aan almal. U lei die volke op die aarde.
6 O God, die volke moet U prys, die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.
7 Die aarde het koring en vrugte gegee, God, ons God, seën ons.
8 God seën ons, en al die mense op die aarde moet Hom eer.