Psalms 67ABA

1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm, 'n lied.

2O God, U moet goed wees vir ons en ons seën, U moet na ons toe kom. Sela

3Dan sal die mense op die aarde weet wat U wil hê, al die volke sal weet dat U hulle wil red.

4O God, die volke moet U prys, die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.

5Die volke moet bly wees en vrolik sing, want wanneer U die volke oordeel, dan doen U reg aan almal. U lei die volke op die aarde.

6O God, die volke moet U prys, die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen.

7Die aarde het koring en vrugte gegee, God, ons God, seën ons.

8God seën ons, en al die mense op die aarde moet Hom eer.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 67.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.