1Vir die leier van die koor: 'n Psalm van Dawid. 'n Lied.
2O God, ons wil stil wees voor U, ons wil U prys in Sion, ons wil doen wat ons vir U belowe het.
3Dit is U wat luister wanneer mense tot U bid. Al die mense wil na U toe kom
4om te bely dat hulle sondaars is. Ons sondes is vir ons te veel om te dra, dit is U wat ons sondes moet wegneem.
5Dit gaan goed met iemand wanneer U hom kies en hom laat nader kom om voor u tempel te staan. Hy sal genoeg kry van al die goeie dinge in u tempel, u gewyde woonplek.
6Wanneer U reg doen aan ons en vir ons antwoord, dan doen U wonderlike dinge, U, die God wat ons red. Al die mense weet dat U sal help, al die mense in die verste plekke op die aarde en ver anderkant die see.
7U is sterk, sterker as alles en almal, U het die berge neergesit op hulle plek.
8Wanneer U praat, dan word die see en sy branders stil, en die volke hou op om te raas.
9Die wonderwerke wat U doen, laat die mense op die hele aarde bang word. U laat hulle vrolik sing in die ooste en in die weste.
10U sorg vir die aarde, U gee die reën, U maak die grond baie vrugbaar. 'n Groot stroom water kom van U en U laat die koring groei, ja, U doen dit alles.
11U laat dit baie reën in die koringlande, daar is baie water waar die mense geploeg het. U maak die harde stukke grond nat, dit word sag van die reën. U laat die plante groei.
12U maak dit 'n mooi jaar, alles groei goed, oral waar U gaan.
13Die weivelde is vol gras, die heuwels juig.
14Die veld is vol skape en bokke, die valleie is vol koring, die mense skree, hulle sing.