Psalms 63ABA

1'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was.

2O God, U is my God, ek wil naby U wees. Ek verlang na U hier in 'n droë land, hier is nie water nie, en alles kry swaar om te lewe.

3Ek het in die tempel na U gekyk, en ek het gesien dat U sterk is en dat U die Koning is. Ek wil dit nou ook weer sien.

4U doen wat U belowe, en dit is beter as die lewe self. Daarom wil ek U prys.

5So sal ek vir U dankie sê so lank soos ek lewe, ek sal my hande uitsteek na U toe en ek sal u Naam sê.

6Dit sal vir my lekker wees, so lekker soos 'n fees-ete, wanneer ek sing en U prys.

7Wanneer ek aan U dink hier op my bed, wanneer ek die hele nag oor U lê en dink,

8dan onthou ek dat U my altyd gehelp het en my beskerm het soos 'n hen haar kuikens beskerm. En dan sing ek weer.

9Ek wil naby U bly, U hou my regop met u sterk hand.

10Maar daardie mense wat wil hê dat dit sleg moet gaan met my, hulle sal sterf en moet afgaan na die diep plekke onder die aarde.

11Hulle sal in 'n oorlog sterf, en die jakkalse sal hulle opvreet.

12Dan sal die koning bly wees dat hy aan God behoort. Elkeen wat iets belowe en sê God is sy getuie, sal vir God prys, want die mense wat lieg, sal moet stilbly.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 63.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.