Psalms 61ABA

1Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. Van Dawid.

2O God, U moet luister wanneer ek bid, U moet vir my gee wat ek vra.

3Ek is baie ver van U, maar ek roep en vra dat U my moet help, ek is moedeloos. U moet my op 'n hoë rots laat staan waar ek veilig sal wees.

4Ek vra dit, want U het my altyd beskerm, U was vir my soos 'n toring waar die vyande nie by my kan kom nie.

5U moet my altyd by U laat bly, U moet my beskerm soos 'n hen haar kuikens beskerm onder haar vlerke. Sela

6Want U het gehoor dat ek belowe het om offers te bring vir U. U het vir my ook 'n plek gegee by die mense wat vir U dien.

7U moet die koning lank laat lewe, geslagte lank.

8Hy moet altyd koning bly naby U, o God, U moet doen wat U belowe het, U moet dieselfde bly en hom altyd beskerm.

9Dan sal ek aanhou om te sing en U te prys en ek sal elke dag die offers bring wat ek belowe het.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 61.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.