Psalms 34ABA

1Van Dawid. Toe hy by Abimelek was, het hy gemaak of hy mal is, en Abimelek het hom weggejaag.

2Ek sal die Here altyd prys, ek sal aanhou sing vir Hom.

3Ek sal vir almal sê wat die Here gedoen het. Die mense wat hulleself nie kan help nie, moet dit hoor en hulle moet bly wees.

4Julle moet saam met my sing en sê die Here is groot, julle moet almal saam sy Naam prys.

5Ek het vir die Here gevra wat met my sal gebeur, en Hy het my geantwoord. Ek was bang vir baie dinge, maar Hy het my van alles gered.

6Die mense wat hulleself nie kan help nie, wag dat Hy hulle moet help, hulle weet Hy sal help, en hulle is bly.

7Ek kan myself nie beskerm nie, ek het gebid, en die Here het gehoor. Hy het my gered van alles wat dit sleg laat gaan het met my.

8Die Engel van die Here beskerm die mense wat die Here dien en Hy red hulle.

9Julle moet self voel en sien dat die Here goed is. Dit gaan goed met die mens wat vra dat die Here hom moet beskerm.

10Julle wat aan die Here behoort, julle moet die Here dien, want die mense wat Hom dien, het altyd genoeg van alles.

11Leeus kry nie altyd genoeg kos nie en hulle word honger, maar die mense wat vir die Here vra wat hulle moet doen, het genoeg van al die goeie dinge.

12Kom kinders, julle moet luister na my, ek wil vir julle leer hoe julle die Here moet dien.

13Die persoon wat lief is vir die lewe en wat graag goeie dinge wil hê,

14moenie sleg praat van mense nie en hy moenie lieg nie.

15Hy moenie verkeerde dinge doen nie, hy moet goeie dinge doen, hy moet altyd probeer om vrede te maak.

16Die Here kyk na die mense wat reg lewe en Hy sorg vir hulle. Hy luister wanneer hulle roep en vra dat Hy hulle moet help.

17Die Here hou nie van mense wat verkeerde dinge doen nie, Hy sal hulle laat verdwyn, en niemand in die land sal nog aan hulle dink nie.

18Wanneer die mense wat reg lewe, roep en vra dat die Here hulle moet help, dan luister die Here, en Hy red hulle van alles wat dit sleg laat gaan met hulle.

19Die Here is naby die mense wat dink dit sal nooit beter gaan met hulle nie, Hy red die mense wat heeltemal moedeloos geword het.

20Daar is baie dinge wat 'n mens wat reg lewe, laat swaarkry, maar die Here red Hom van al hierdie dinge.

21Die Here sorg vir die mens wat reg lewe se hele liggaam, niemand sal die bene in so 'n mens se liggaam breek nie.

22Die mens wat verkeerd lewe, sal sterwe omdat hy verkeerd doen, die mense wat die mense haat wat reg lewe, sal skuldig wees, en die Here sal hulle straf.

23Die Here red die lewe van die mense wat Hom dien. Mense wat vra dat Hy hulle moet beskerm, sal nie skuldig wees nie.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 34.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.