Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 25

:
Afrikaans - ABA
1 Van Dawid. Here, ek bid tot U, net tot U.
2 My God, ek glo dat U sal doen wat U belowe het. U moenie dat ek verloor teen my vyande nie, U moenie dat hulle juig omdat dit sleg gaan met my nie.
3 En ook, ek bid dat mense wat in U glo, nie sal verloor nie. Die mense wat nie doen wat U wil hulle moet doen nie, U moet húlle laat verloor.
4 Here, U moet vir my wat U wil ek moet doen, U moet vir my leer hoe ek moet lewe.
5 Leer my om reg te lewe, soos U wil hê, want U is die God wat my red, ek glo altyd dat dit net U is wat my kan help.
6 Here, U moet onthou hoe U altyd jammer was vir my, hoe U altyd gedoen het wat U belowe het.
7 Here, U moenie dink aan die sondes wat ek gedoen het toe ek jonk was nie, U moenie daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie. U moet aan my dink omdat U altyd doen wat U belowe het, omdat U goed is.
8 Die Here is goed en Hy doen altyd reg. Dit is hoekom Hy vir sondaars leer hoe hulle moet lewe.
9 Hy laat dit reg gaan met mense wat hulleself nie kan help nie wanneer ander mense hulle oordeel. Hy leer vir die mense wat hulleself nie kan help nie, Hy leer vir hulle hoe hulle moet lewe.
10 Die Here doen altyd wat hy belowe het vir die mense wat gehoorsaam is aan sy verbond en sy wette.
11 Here, vergewe my sondes, dit is baie, doen dit, want ek behoort aan U.
12 Wanneer iemand die Here wil dien, dan sal die Here vir hom leer hoe hy moet lewe.
13 Dit sal altyd goed gaan met so iemand, en die land sal aan sy nageslag behoort.
14 Die Here vertel vir die mense wat Hom dien, alles wat Hy besluit, Hy vir hulle wat sy verbond beteken.
15 Ek wag elke dag dat die Here my moet help, want dit is Hy wat my voete losmaak uit die vangnet waarin mense my wil vang.
16 Kyk na my, Here, U moet genadig wees vir my, ek is alleen en ek kan myself nie red nie.
17 Ek is baie bekommerd, red my van alles wat my laat swaarkry.
18 Kyk hoe sleg gaan dit met my en hoe swaar kry ek, vergewe al my sondes.
19 Kyk hoe baie vyande het ek, kyk hoe baie haat hulle my.
20 Beskerm my en red my, moenie dat ek verloor nie, want ek vra dat U my moet beskerm.
21 Ek bid dat U my moet help om 'n goeie en 'n eerlike mens te bly, ja, ek glo dat U my sal help.
22 O God, U moet die volk Israel vrymaak van alles wat hulle laat swaarkry.