Psalms 23ABA

1'n Psalm van Dawid. Die Here is my Herder, Hy sorg vir my, ek het genoeg van alles.

2'n Herder bring sy skape na goeie weiveld, hulle eet genoeg en hulle gaan lê. Hy bring hulle na die water, en daar gaan hulle lê en rus.

3So gee die Here ook vir my nuwe krag, Hy leer vir my om reg te lewe, want ek behoort aan Hom.

4Ook wanneer ek deur 'n diep en donker vallei moet loop, dan sal ek nie bang wees nie, want U, Here, is by my. U beskerm my soos 'n herder sy skape beskerm met sy stok en met sy kierie.

5U nooi my om by u tafel te sit, maar my vyande moet staan en kyk. U laat my baie belangrik voel, U laat my alles geniet.

6U is goed vir my, en U doen wat U belowe het, U doen dit oral waar ek gaan, so lank soos ek lewe. Here, ek sal altyd weer terugkom na u tempel, ek sal dit my hele lewe lank doen.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 23.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.