Bible

Designed

For Churches, Made for Worship

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Psalms 146

:
Afrikaans - ABA
1 Julle moet die Here prys! Ek wil die Here prys!
2 Ek wil die Here prys so lank soos ek lewe, ek wil vir my God sing so lank soos ek hier is.
3 Julle moenie dink dat belangrike mense julle kan help nie, mense kan julle nie help nie.
4 Wanneer mense hulle asem uitblaas en sterf, dan gaan hulle terug na die grond, en dan verdwyn al hulle planne.
5 Dit gaan goed met mense vir wie die God van Jakob help, mense wat glo dat hulle God die Here hulle sal help.
6 Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is. Die Here bly altyd dieselfde.
7 Die Here doen reg aan mense wanneer ander mense hulle verdruk. Hy gee kos vir honger mense, Hy maak gevangenes vry.
8 Die Here laat blinde mense sien, die Here tel mense op wat nie meer kan staan nie, die Here is lief vir mense wat reg doen.
9 Die Here beskerm vreemdelinge, Hy help weeskinders en weduwees om makliker te kan lewe, maar Hy laat mense swaarkry wat verkeerd lewe.
10 Die Here sal altyd Koning wees. Sion, jou God sal Koning wees van al die geslagte. Julle moet die Here prys!