Psalms 146ABA

1Julle moet die Here prys! Ek wil die Here prys!

2Ek wil die Here prys so lank soos ek lewe, ek wil vir my God sing so lank soos ek hier is.

3Julle moenie dink dat belangrike mense julle kan help nie, mense kan julle nie help nie.

4Wanneer mense hulle asem uitblaas en sterf, dan gaan hulle terug na die grond, en dan verdwyn al hulle planne.

5Dit gaan goed met mense vir wie die God van Jakob help, mense wat glo dat hulle God die Here hulle sal help.

6Die Here het die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is. Die Here bly altyd dieselfde.

7Die Here doen reg aan mense wanneer ander mense hulle verdruk. Hy gee kos vir honger mense, Hy maak gevangenes vry.

8Die Here laat blinde mense sien, die Here tel mense op wat nie meer kan staan nie, die Here is lief vir mense wat reg doen.

9Die Here beskerm vreemdelinge, Hy help weeskinders en weduwees om makliker te kan lewe, maar Hy laat mense swaarkry wat verkeerd lewe.

10Die Here sal altyd Koning wees. Sion, jou God sal Koning wees van al die geslagte. Julle moet die Here prys!

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 146.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.