Psalms 136ABA

1Julle moet dankie sê vir die Here, want Hy is goed, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

2Julle moet dankie sê vir die God van die gode, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

3Julle moet dankie sê vir die Koning van die konings, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

4Net Hý het groot wonderwerke gedoen, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

5Hy het die hemel gemaak, Hy het geweet hoe om dit te doen, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

6Hy het die aarde neergesit op die water, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

7Hy het die groot ligte gemaak, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

8Hy het die son gemaak om oor die dag te regeer, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

9En Hy het die maan en die sterre gemaak om oor die nag te regeer, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

10Hy het die oudste seuns in Egipte laat sterf en ook die eerste lammers en kalwers, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

11Hy het die Israeliete laat weggaan van die Egiptenaars, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

12Hy het sy volk gelei met sy sterk hand, met sy arm wat Hy uitgesteek het, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

13Julle moet dankie sê vir Hom wat die Riet-see in twee dele gedeel het, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

14Hy het die Israeliete deur die see laat gaan, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

15Maar Hy het die farao en sy soldate in die see laat val, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

16Hy het sy volk deur die woestyn laat loop, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

17Julle moet dankie sê vir Hom wat groot konings oorwin het, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

18Hy het belangrike konings doodgemaak, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

19Hy het vir Sihon, koning van die Amoriete, doodgemaak, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het,

20en ook vir Og, koning van Basan, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

21Hy het hulle lande weggegee, verniet, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

22Hy het dit gegee vir sy dienaar Israel, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

23Julle moet dankie sê vir Hom wat aan ons gedink het toe dit baie sleg gegaan het met ons, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

24Hy het ons gered van ons vyande, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

25Dit is Hy wat kos gee vir alles wat lewe, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

26Julle moet dankie sê vir die God van die hemel, ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 136.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.