Psalms 121ABA

1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Ek kyk op na die berge en ek vra: “Van waar sal iemand kom om my te help?”

2Dit is die Hére wat my sal help, die Here wat die hemel en die aarde gemaak het.

3Hy sal keer dat jy nie val nie, Hy beskerm jou, Hy slaap nie.

4Die Here slaap nooit, dit is seker, Hy beskerm die volk Israel.

5Die Here beskerm jou, Hy is altyd langs jou om jou te beskerm.

6Die son sal jou nie siek laat word in die dag nie, en die maan ook nie in die nag nie.

7Die Here sal jou beskerm teen alles wat sleg is, jou lewe sal veilig wees.

8Die Here sal jou beskerm, oral waar jy gaan, nou en vir altyd.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 121.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.