Psalms 110ABA

1Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my koning gesê: “Jy moet hier langs My sit, op die belangrikste plek, want Ek sal jou vyande verneder, en Ek sal hulle voor jou laat lê sodat jy jou voete op hulle kan sit.”

2Die Here is in Sion, Hy sal jou help om 'n sterk koning te wees. Hy sê: “Jy moet regeer oor jou vyande.”

3Jou soldate sal self kom wanneer jy oorlog wil maak, hulle sal gewyde klere dra. Jou jongmanne sal vir jou wees soos die dou vroeg in die oggend.

4Die Here het belowe, en dit sal so wees: Jy self sal altyd 'n priester wees soos Melgisedek 'n priester was.

5Die Here sal langs jou wees, Hy sal konings oorwin wanneer Hy kwaad is.

6Hy sal die Regter van die volke wees, Hy sal die hele aarde volmaak met hulle lyke, Hy sal die leiers oorwin.

7Die koning sal water drink uit die stroom langs die pad, en dan sal hy sy vyande oorwin.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 110.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.