Psalms 100ABA

1'n Psalm. Om dankie te sê. Almal op die aarde, julle moet juig vir die Here.

2Julle moet bly wees en julle moet die Here dien, julle moet voor Hom kom sing.

3Julle moet weet dat die Here God is. Hy het ons gemaak, en ons is Syne, ons is sy volk, ons is die skape wat aan Hom behoort.

4Julle moet deur sy poorte inkom en vir Hom dankie sê, julle moet voor sy tempel kom staan en julle moet Hom prys. Julle moet vir Hom dankie sê, julle moet sy Naam prys.

5Want die Here is goed, Hy doen altyd wat Hy belowe het, Hy bly dieselfde vir elke geslag.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Psalms 100.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.