Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Numbers 23

:
Afrikaans - ABA
1 Bileam toe vir Balak: “Jy moet hier sewe altare bou en jy moet sewe bulle en sewe skaap-ramme gereedmaak om te offer.”
2 Balak het gedoen wat Bileam gesê het, en hulle twee het op elke altaar 'n bul en 'n skaap-ram ge-offer.
3 Daarna Bileam vir Balak: “Bly hier en staan by jou brand-offer, dan sal ek alleen weggaan. Miskien sal die Here na my toe kom en vir my wys wat ek vir jou moet sê.” Bileam het toe na 'n plek op die berg gegaan waar daar nie bome is nie.
4 Toe God by Bileam kom, het Bileam vir God gesê: “Ek het sewe altare laat bou en ek het op elke altaar 'n bul en 'n skaap-ram ge-offer.”
5 God toe vir Bileam wat hy moet sê, en Hy Bileam moet teruggaan na Balak toe en hy moet dit vir Balak sê.
6 Bileam het teruggekom by Balak. En daar staan Balak toe nog by sy brand-offer, hy en die amptenare van Moab.
7 En toe begin Bileam praat. Hy het gesê: “Balak het my laat kom van die land Aram, van die berge in die ooste. Hy het gesê: ‘Kom vervloek die nageslag van Jakob vir my, kom dat dit sleg moet gaan met Israel.’
8 Maar as die Here nie die volk vervloek nie, dan kan ek ook nie vir hulle vervloek nie. Die Here het nie gesê dat dit sleg moet gaan met hulle nie. Kan ék dan dat dit sleg moet gaan met hulle? Nee.
9 Want ek is hier bo-op die rotse en ek sien die volk van hier bo af, ek kyk van die heuwels af na hulle. Hier is 'n volk wat alleen woon, hulle woon nie saam met ander volke nie.
10 Niemand kan stof tel nie, hulle kan ook nie die nageslag van Jakob tel nie, niemand kan hoeveel is een kwart van die Israeliete nie. Ek bid dat ek eerlik sal bly totdat ek sterf, en dat my einde soos hierdie volk se einde sal wees.”
11 Balak het vir Bileam gesê: “Wat het jy nou aan my gedoen? Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, maar jy het hulle nou geseën!”
12 Bileam het geantwoord: “Ek mag net wat die Here vir my gesê het.”
13 Balak toe vir Bileam: “Kom asseblief saam met my na 'n ander plek. Jy sal van daar net party van hulle tente sien, jy sal hulle nie almal sien nie. Jy moet hulle vir my vervloek van daardie plek af.”
14 Balak het toe vir Bileam na 'n plek bo-op Pisga-berg geneem, hulle kon van daar ver sien. Hy bou toe daar sewe altare en hy offer op elke altaar 'n bul en 'n skaap-ram.
15 Bileam het vir Balak gesê: “Bly staan hier by jou brand-offer, ek sal met die Here gaan praat op 'n ander plek.”
16 Die Here het na Bileam toe gekom en vir hom gesê wat hy moet sê. Die Here het gesê Bileam moet teruggaan na Balak toe en hy moet dit vir Balak sê.
17 Toe Bileam terugkom by Balak, het Balak nog by sy brand-offer gestaan, hy en die amptenare van Moab. Balak het vir Bileam gevra: “Wat het die Here gesê?”
18 Bileam begin toe praat. Hy het gesê: “Balak, staan op, luister. Seun van Sippor, jy moet hoor wat ek sê.
19 God is nie 'n mens nie, Hy lieg nie, Hy is nie soos 'n mens nie, Hy verander nie wat Hy besluit het nie. Wanneer Hy iets belowe het, dan doen Hy dit. Wanneer hy gepraat het, dan laat Hy dit gebeur.
20 Luister, Hy het gesê ek moet die volk seën, en wanneer Hy iemand geseën het, dan kan ek dit nie verander nie.
21 Hy het nie besluit dat dit sleg sal gaan met die Israeliete nie, en Hy het ook nie besluit dat hulle sal swaarkry nie. Hulle God die Here is by hulle, hulle juig oor Hom, hulle Koning.
22 God, wat hulle uit Egipte gebring het, is vir hulle soos die horings van 'n oer-os.
23 Ja, niemand kan die Israeliete toor nie, niemand kan wat met hulle moet gebeur nie. Mense sal nou van die Israeliete sê: ‘Kyk wat het God gedoen!’
24 Hier is 'n volk wat opstaan soos 'n leeu, wat gereedstaan soos 'n leeu, wat nie gaan voordat hy iets gevang en geëet het nie, hy gaan nie voordat hy die bloed gedrink het van die diere wat hy gevang het nie.”
25 Balak het vir Bileam gesê: “As jy hulle nie kan vervloek nie, dan moet jy hulle ook nie seën nie.”
26 Bileam het geantwoord en vir Balak gesê: “Ek het vir jou gesê dat ek alles sal doen wat die Here vir my sê.”
27 Balak het toe vir Bileam gesê: “Kom asseblief, ek neem jou na 'n ander plek. Miskien sal God tevrede wees as jy hulle vir my vervloek” van daardie plek af.
28 Balak neem toe vir Bileam tot bo-op Peor-berg. Van daardie berg kan 'n mens die droëveld sien.
29 Bileam het vir hom gesê: “Bou vir my hier sewe altare en maak sewe bulle en sewe skaap-ramme gereed om te offer.”
30 Balak het gedoen wat Bileam vir hom gesê het, en hy het op elke altaar 'n bul en 'n skaap-ram ge-offer.