Isaiah 12ABA

1Jy sal daardie dag sê: “Here, ek wil U prys, want U was kwaad vir my, maar U is nie meer kwaad nie en U het dit weer goed laat gaan met my.

2U is die God wat my sal red. Ek glo dit, en ek sal nie bang wees nie. Die Here maak my sterk en bly. Hy is my Redder.”

3Julle sal bly wees en juig wanneer julle water skep uit die Fontein van redding.

4Julle sal daardie dag sê: “Prys die Here, sê vir almal wie Hy is, vertel vir al die volke wat Hy gedoen het, sê vir hulle Hy is belangriker as alles.

5Sing en prys die Here, want Hy het 'n wonderlike ding gedoen. Sê dit vir al die mense op die aarde.

6Julle wat in Sion woon, julle moet vrolik wees en juig, want die Heilige God van Israel is by julle, en Hy is sterk.”

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for Isaiah 12.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.