Bible

Power Up

Your Services with User-Friendly Software

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Isaiah 12

:
Afrikaans - ABA
1 Jy sal daardie dag sê: “Here, ek wil U prys, want U was kwaad vir my, maar U is nie meer kwaad nie en U het dit weer goed laat gaan met my.
2 U is die God wat my sal red. Ek glo dit, en ek sal nie bang wees nie. Die Here maak my sterk en bly. Hy is my Redder.”
3 Julle sal bly wees en juig wanneer julle water skep uit die Fontein van redding.
4 Julle sal daardie dag sê: “Prys die Here, vir almal wie Hy is, vertel vir al die volke wat Hy gedoen het, vir hulle Hy is belangriker as alles.
5 Sing en prys die Here, want Hy het 'n wonderlike ding gedoen. dit vir al die mense op die aarde.
6 Julle wat in Sion woon, julle moet vrolik wees en juig, want die Heilige God van Israel is by julle, en Hy is sterk.”