Bible

Engage

Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Ezekiel 7

:
Afrikaans - ABA
1 Ek het gehoor die Here vir my:
2 “En jy, mens, jy moet luister na wat Ek oor die land Israel. Ek, die Here wat Here is, sê: “Die einde kom, die einde van die hele land.
3 Die einde is nou hier vir julle almal in die land, want Ek is baie kwaad vir julle. Ek sal julle straf oor die dinge wat julle gedoen het, Ek haat die dinge wat julle gedoen het, Ek sal julle straf.
4 Ek sal julle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir julle nie. Ja, Ek sal julle straf oor wat julle gedoen het, oor die dinge wat Ek haat, en julle sal weet dat Ek die Here is.”
5 Die Here, Hy wat Here is, sê: “Dit sal sleg gaan, baie sleg. Dit sal nou gebeur.
6 Dit is die einde wat kom. Die einde kom! Dit begin nou kom oor julle! Kyk, dit is klaar hier!
7 Die slegste dinge sal gebeur met julle wat in die land woon, die tyd het gekom, die dag is naby! Niemand op die berge sal weet wat om te doen nie, en niemand sal skree omdat hy bly is nie.
8 Ek is baie kwaad vir julle en Ek sal julle nou straf. Ek sal julle straf oor wat julle gedoen het, oor die slegte dinge wat julle gedoen het, dinge wat Ek haat.
9 Ek sal julle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir julle nie. Ek sal julle straf oor wat julle gedoen het, oor die dinge wat Ek haat, julle sal weet dit is Ek, die Here, wat julle straf.
10 Die dag is hier, dit het gekom. Die slegste dinge sal gebeur. Die mense wat regeer, word nog meer wreed, hulle is hoogmoedig.
11 Hulle het slegte dinge gedoen aan mense en hulle het sleg regeer. Hulle het gesê niemand mag kla oor hulle nie. Daar sal niks oorbly van hulle almal nie, niks van alles wat hulle gesê het nie.
12 Die tyd het gekom, die dag is hier. Mense wat koop, moenie bly wees nie, en mense wat verkoop, moenie jammer wees nie, want die Here sal hulle almal straf.
13 Want die mense wat verkoop het, sal nie die goed terugkry wat hulle verkoop het nie, ook nie as hulle en die mense wat gekoop het, nog almal lewe nie. Ek het vir die profeet gewys wat met hulle almal sal gebeur, en dit sál gebeur. Hulle het verkeerd gedoen en hulle sal nie aanhou lewe nie.
14 Hulle het die ramshoring geblaas en alles gereedgemaak, maar niemand sal oorlog kan maak nie, want Ek is kwaad en Ek sal hulle straf.
15 Buite sal daar oorlog wees, in die huise sal daar pes en honger wees. Mense wat in die veld is, sal sterf in die oorlog. Mense wat in die stad is, sal sterf van die pes en van honger.
16 Die mense wat na die berge vlug en vry wegkom, sal almal sit en kla soos die duiwe in die valleie, elkeen sal kla oor wat hy verkeerd gedoen het.
17 Hulle hande sal slap hang, niemand sal iets kan doen nie, hulle water sal teen hulle knieë afloop, want hulle sal baie bang wees.
18 Hulle sal rouklere aantrek en hulle koppe kaal skeer, hulle sal so bang wees dat hulle niks kan doen nie.
19 Hulle sal hulle silwer weggooi op die paaie, hulle goud sal vir hulle niks beteken nie, hulle silwer en hulle goud sal hulle nie kan red wanneer die Here kwaad is en vir hulle straf nie. Hulle sal dit nie kan eet sodat hulle nie meer honger is nie. Dit is die silwer en die goud wat hulle sonde laat doen het.
20 Hulle het hoogmoedig geword oor die tempel wat so mooi was, en hulle het beelde daarin gesit, lelike beelde wat Ek haat. Daarom Ek die tempel is onrein.
21 Ek sal die tempel gee vir mense uit ander lande. Hulle sal vat wat hulle wil hê, die slegte mense van die aarde sal die goed vat en hulle sal die tempel ontwy.
22 Ek sal maak of Ek hulle nie sien nie, en hulle sal my kosbare tempel ontwy, wilde mense sal in die tempel kom en hulle sal dit ontwy.
23 Jy moet kettings gereed hou om gevangenes vas te bind. Hoekom? Omdat die mense wat regters moes wees, moordenaars is, hulle doen slegte dinge aan die mense in die stad.
24 Ek sal die slegste volke bring, en hulle sal die huise vir hulleself vat. Ek sal die hoogmoedige mense wat regeer, laat sterf. Die vyande sal hulle tempels ontwy.
25 Wanneer dit so sleg gaan met hulle, dan sal hulle vrede soek maar hulle sal dit nie kry nie.
26 Wanneer baie slegte dinge met hulle gebeur, en hulle hoor dat nog slegte dinge kom, dan sal hulle vir die profete vra: ‘Het die Here nie vir julle iets gewys nie?’ En hulle sal vir die priesters vra: ‘Wat wil die Here hê?’ Maar die priesters sal nie weet nie, en die leiers sal nie kan wat hulle moet doen nie.
27 Die koning sal ook nie weet wat om te doen nie, die man wat regeer, sal te bang wees om iets te doen. Die mense in die land sal so bang wees dat hulle hande sal bewe. Ek sal hulle straf oor die dinge wat hulle gedoen het, Ek sal dieselfde met hulle doen wat hulle met ander mense gedoen het. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.”