Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Ezekiel 27

:
Afrikaans - ABA
1 Ek het gehoor die Here vir my:
2 “En jy, mens, jy moet 'n klaaglied sing oor die stad Tirus.
3 Tirus is by die see en daardie mense koop en verkoop goed aan die volke van baie lande by die see. Jy moet vir Tirus sê: “Die Here, Hy wat Here is, sê: Tirus, jy het altyd gesê jy is 'n mooi stad, so mooi soos die mooiste stad.
4 Jy regeer tot ver op die diep see, en die mense wat jou gebou het, het jou soos 'n mooi skip gemaak, so mooi soos die mooiste skip.
5 Hulle het jou twee kante gemaak van sipreshout van die land Senir, hulle het 'n sederboom op die Libanon-berg gaan haal om vir jou 'n maspaal te maak,
6 hulle het jou roeispane gemaak van eikehout van Basan, hulle het jou dek gemaak van sipreshout van die Kittiër-eilande, en hulle het stukkies ivoor ingesit in die dek.
7 Jou seile was van bont linne van Egipte. Die seile het vir ander skepe gewys wie jy is. Jy het jou toegemaak met pers en rooi wol-materiaal van die Elisa-eilande.
8 Mense van die stede Sidon en Arwad het jou geroei. Jy self, Tirus, het mense gehad wat die see geken het, hulle was jou matrose.
9 Leiers van die stad Gebal was die mense wat die plekke moes toemaak waar water ingekom het, hulle kon dit goed doen. Al die skepe, en die mense op hulle, het na jou toe gekom om goed by jou te koop en om goed aan jou te verkoop.
10 Mense van die lande Paras, Lud en Put was jou soldate. Hulle het hulle skilde en hulle helms in jou opgehang. Almal kon toe sien hoe belangrik jy is.
11 Jou soldate was op die mure rondom jou, by hulle was daar ook manne van die stad Arwad, en op jou torings was daar manne van die stad Gammad. Hulle het hulle klein ronde skilde opgehang teen jou mure. Dit het jou mooi gemaak, so mooi soos die mooiste stad.
12 Mense van die land Tarsis het vir jou goed gekoop en verkoop. Jy het baie goed gehad, hulle het dit geruil vir silwer, yster, tin en lood.
13 Mense van die lande Griekeland, Tubal en Mesek was jou handelaars. Hulle het slawe en bronsgoed geruil vir jou goed.
14 Die handelaars van die stad Bet-Togarma het perde en muile geruil vir jou goed.
15 Mense van die stad Dedan was jou handelaars. Mense van baie lande langs die see het vir jou goed gekoop en verkoop. Hulle het vir jou ivoor en ebbehout gegee om te betaal vir die goed.
16 Jy het baie goed gemaak, en mense van die land Aram het daardie goed vir jou verkoop. Hulle het turkoois, pers wol-materiaal, bont materiaal, linne, koraal en robyne geruil vir jou goed.
17 Mense van die lande Juda en Israel was ook jou handelaars. Hulle het koring van die land Minnit, vye, heuning, olyf-olie en balsemgom vir jou gegee vir jou goed.
18 Jy het baie goed gemaak, en mense van die stad Damaskus het daardie goed vir jou verkoop. Hulle het wyn van die stad Gelbon en wol van die stad Sagar gekry vir jou goed.
19 Mense van die stad Dan en van Griekeland het goed van die stad Usal gegee vir jou goed. Dit was ystergoed, kaneel en kalmoes.
20 Mense van die stad Dedan was jou handelaars vir saalkleedjies.
21 Mense van die land Arabië en die konings van die land Kedar, het lammers, skaap-ramme en bok-ramme vir jou gegee vir jou goed.
22 Handelaars van die lande Skeba en Rama was jou handelaars. Hulle het van die beste balsem en kosbare klip en goud vir jou gegee vir jou goed.
23 Mense van die stede Haran, Kanne en Eden, handelaars van die lande Skeba, Assirië en Kilmad was ook jou handelaars.
24 Hulle het baie mooi klere, skouerdoeke van blou en bont materiaal, bont matte en sterk, gedraaide tou vir jou gegee vir jou goed.
25 Skepe van Tarsis het geseil om vir jou goed te koop en te verkoop. Jy was 'n skip vol swaar goed in die middel van die see.
26 Jou manne wat jou geroei het, het jou ver in die diep see gebring, en daar het die sterk oostewind jou stukkend gebreek in die middel van die see.
27 Toe jy daardie dag sink, het alles saam met jou gesink in die middel van die see: alles wat jy gehad het en wat jy geruil het, jou matrose, die manne wat die plekke moes toemaak waar water ingekom het, jou handelaars, al jou soldate, al jou mense wat op jou was.
28 Die land het gebewe toe jou matrose begin skree en vra dat iemand hulle moet help.
29 Al die manne wat roei, het afgeklim van hulle skepe, en die matrose het op die land gaan staan.
30 Hulle het hard begin skree oor jou, hulle het gehuil en gevra dat iemand hulle moet help, hulle het stof op hulle koppe gegooi en hulle het op die ashoop rondgerol.
31 Hulle het hulle koppe kaal geskeer oor jou en hulle het rouklere aangetrek, hulle was hartseer en hulle het gehuil oor jou. Hulle was baie hartseer.
32 Hulle het gehuil en het begin om 'n klaaglied te sing oor jou. Hulle het gesê: Wie is soos Tirus wat stil geword het in die middel van die see?
33 Die handelaars het die goed wat jy geruil het, oor die see gebring, en toe het baie volke genoeg gehad om van te lewe, meer as genoeg. Jy het die konings van die aarde ryk gemaak met jou baie goed wat jy geruil het.
34 Maar nou jy stukkend in die diep water, jou goed en al jou mense in jou het saam gesink.
35 Almal wat woon in die lande langs die see het baie bang geword oor wat met jou gebeur het. Hulle konings het geskrik en hulle bewe, hulle gesigte trek skeef.
36 Die handelaars van die volke fluit oor jou, hulle skrik oor wat met jou gebeur het. Jy sal nooit weer 'n stad wees nie.”