Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

Ezekiel 19

:
Afrikaans - ABA
1 Die Here het gesê: “En jy, mens, jy moet 'n klaaglied begin sing oor die konings van Israel.
2 Jy moet sê: “Jou ma was 'n groot leeu-wyfie tussen die leeus. Sy het tussen die jong leeus gelê en sy het haar klein welpies grootgemaak.
3 Sy het een van haar welpies gekies, en hy het 'n sterk jong leeu geword. Hy het geleer om vir homself kos te vang, hy het mense geëet.
4 Maar die ander volke het gehoor van hom en hulle het hom in 'n vang-gat gevang, hulle het hom met groot ysterhoeke na Egipte gebring.
5 Die leeu-wyfie het gesien dat haar plan nie geslaag het nie. Sy het 'n ander welpie geneem en sy het hom 'n sterk jong leeu gemaak.
6 Hy het tussen die leeus rondgeloop en hy het 'n groot jong leeu geword. Hy het geleer om vir homself kos te vang, hy het mense geëet.
7 Hy het by hulle weduwees geslaap en hy het hulle stede verwoes. Almal in die land het bang geword wanneer hy brul.
8 Maar mense het die volke bymekaargebring teen hom, die volke uit al die lande rondom hom. Hulle het hulle vangnet oor hom gegooi en hulle het hom gevang in hulle vang-gat.
9 Toe het hulle hom in 'n hok gesit en hulle het hom met ysterhoeke na die koning van Babel gebring. Niemand het weer gehoor dat hy brul op die berge van Israel nie.
10 “Jou ma is soos 'n wingerdstok. Iemand het die wingerdstok geplant by die water. Die wingerdstok het baie ranke gehad en dit het baie druiwe gedra omdat daar baie water was.
11 Die wingerdstok het sterk ranke gekry. 'n Mens kon septers vir konings maak van die ranke. Die wingerdstok het hoog gegroei, sy boonste punt was tussen die wolke. Almal kon sien hy is groot en hy het baie ranke.
12 Maar mense het kwaad geword vir die wingerdstok. Hulle het hom uitgeruk, en die oostewind het hom droog laat word. Hulle het sy druiwe afgepluk, sy sterk ranke het droog geword en hulle het dit verbrand.
13 En toe plant hulle die wingerdstok in die woestyn, in 'n droë land waar daar nie water is nie.
14 En daar het vuur gekom uit die wingerdstok se stam en dit het die ranke en die druiwe verbrand. Toe was daar nie meer 'n sterk tak wat 'n koning se septer kon wees nie.” Dit is 'n klaaglied hierdie. Dit het 'n klaaglied geword.