Bible

Elevate

Your Sunday Morning Worship Service

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Chronicles 18

:
Afrikaans - ABA
1 Koning Josafat was baie ryk, en almal het hom gerespekteer. Sy seun was getroud met 'n dogter van koning Agab.
2 Josafat het 'n paar jaar vir Agab in die stad Samaria gaan kuier. Agab het 'n groot klomp skape en bokke en beeste geslag vir Josafat en die mense by hom. Agab het met Josafat gepraat en hy het gevra Josafat moet saam met hom oorlog gaan maak teen die stad Ramot in Gilead. Josafat het ja gesê.
3 Koning Agab van Israel het vir koning Josafat van Juda gevra: “Sal jy saam met my gaan na die stad Ramot in Gilead?” Josafat het gesê: “Ek sal saam met jou gaan, en jy kan my manne ook gebruik.”
4 Josafat het ook vir die koning van Israel gesê: “Maar jy moet asseblief eers vra en luister na wat die Here sê.”
5 Die koning van Israel toe al die profete moet bymekaarkom. Daar was 400 profete, en hy vra toe vir hulle: “Moet ons oorlog gaan maak teen Ramot in Gilead of moet ek dit nie doen nie?” Die profete het gesê: “Jy moet gaan. God sal jou laat wen.”
6 Toe Josafat: “Is hier nog 'n profeet van die Here? Ons moet vir hom ook vra.”
7 Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ja, hier is nog 'n profeet. Dit is Miga seun van Jimla. Ons kan vir hom vra wat die Here sê, maar ek hou nie van die man nie, want die dinge wat hy sê, is nooit goed vir my nie, dit is altyd sleg.” Josafat toe: “Die koning moenie so praat nie.”
8 Die koning van Israel roep toe 'n amptenaar en hy vir hom: “Gaan roep gou vir Miga seun van Jimla.”
9 Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het hulle koningsklere aangehad en elkeen het op sy troon gesit by die dorsvloer voor die poort van Samaria. Al die profete was besig om vir hulle te wat sal gebeur.
10 Sedekia seun van Kenaäna het vir hom 'n paar ysterhorings gemaak en hy het gesê: “Die Here sê: Met hierdie horings sal jy die Arameërs stoot totdat hulle almal dood is.”
11 Al die ander profete het gesê dit sal so gebeur. Hulle het gesê: “Koning, jy moet gaan na die stad Ramot in Gilead. Jy sal wen, die Here sal die stad vir jou gee.”
12 Die boodskapper wat vir Miga moes gaan roep, het vir hom gesê: “Al die profete dit sal goed gaan met die koning. Jy moet asseblief ook soos hulle sê, jy moet dit sal goed gaan.”
13 Miga het gesê: “So seker soos die Here lewe, ek sal wat my God vir my sê.”
14 Toe Miga by die koning kom, vra die koning vir hom: “Miga, moet ons oorlog gaan maak teen die stad Ramot in Gilead of moet ons dit nie doen nie?” Miga het geantwoord: “Koning, julle moet gaan. Julle sal wen, die Here gee die stad vir julle.”
15 Maar toe die koning vir Miga: “Ek het baie maal vir jou gesê jy moet net die waarheid praat wanneer die Here jou stuur. Hoekom doen jy dit nie?”
16 En toe Miga: “Ek het gesien die vyande het al die mense van Israel na al die kante toe op die berge gejaag. Hulle is soos skape wat nie 'n skaapwagter het nie. Die Here het gesê: ‘Hierdie mense het nie 'n koning nie. Hulle moet teruggaan, elkeen moet veilig na sy huis gaan.’
17 Die koning van Israel toe vir Josafat: “Ek het vir jou gesê dat die profeet Miga altyd dit sal sleg gaan met my, nie goed nie.”
18 Miga het toe weer gepraat: “Luister wat die Here. Ek het gesien die Here sit op sy troon, en almal wat in die hemel is, staan by Hom, hulle staan regs en links langs Hom.
19 En die Here het gesê: ‘Vir wie kan Ek stuur om vir Agab te bedrieg? Daardie een moet Agab moet na Ramot in Gilead gaan, Ek wil Agab moet daar sterf.’ Almal wat in die hemel is, het daaroor met mekaar gepraat,
20 en toe kom een van hulle en hy gaan staan voor die Here en hy sê: ‘Ek sal hom bedrieg.’ Toe vra die Here vir hom: ‘Hoe sal jy dit doen?’
21 en hy sê: ‘Ek sal gaan en ek sal 'n leuengees word. Ek sal vir al die profete om leuens te vertel vir koning Agab.’ Die Here het gesê: ‘Jy sal hom bedrieg, jy sal dit regkry. Gaan doen dit.’
22 Koning, daarom moet jy dit weet: Die Here het 'n leuengees laat kom in die mond van al hierdie profete van jou. Maar weet jy wat die Here regtig gesê het? Die Here het gesê dit sal sleg gaan met jou.”
23 Toe kom Sedekia seun van Kenaäna nader en hy slaan vir Miga op sy kakebeen en hy vra: “Dink jy die gees wat van die Here gekom het, het weggegaan van my om met jóú te praat?”
24 Miga het vir Sedekia gesê: “Jy sal dit sien daardie dag wanneer jy van een kamer na die ander kamer gaan om te probeer wegkruip.”
25 Toe die koning van Israel: “Vat vir Miga na Amon die burgemeester en na prins Joas toe,
26 en vir hulle die koning sê: ‘Julle moet hierdie man in die tronk sit en julle moet vir hom min kos en water gee totdat ek veilig terugkom.’
27 Miga toe: “Koning Agab, as jy regtig veilig sal terugkom, dan kom die woorde wat ek gesê het, nie van die Here nie.” Miga het ook gesê: “Manne, julle moet almal luister na wat ek sê.”
28 Die koning van Israel en koning Josafat van Juda het gegaan na die stad Ramot in Gilead.
29 Die koning van Israel het vir Josafat gesê: “Ek sal ander klere aantrek sodat die vyande nie sal weet wie ek is nie en dan sal ek saam met die manne oorlog begin maak. Jy moenie jou koningsklere uittrek nie.” Die koning van Israel het toe ander klere aangetrek en hy het saam met die manne oorlog begin maak.
30 Die koning van Aram het offisiere van die oorlogkarre by hom gehad. Hy het vir hulle gesê: “Julle moet net die koning van Israel skiet. Julle moenie die ander manne skiet nie, dit maak nie saak of hulle belangrik of onbelangrik is nie.”
31 En toe die offisiere van die oorlogkarre vir Josafat sien, het hulle gedink dit is die koning van Israel. Hulle het van al die kante gekom om hom te skiet. Josafat het geskree en gevra dat die Here hom moet help, en God het hulle laat wegdraai van hom.
32 Toe die offisiere sien dit is nie die koning van Israel nie, het hulle opgehou om vir Josafat te jaag.
33 Een van die Arameërs het 'n pyl geskiet. Hy het sommer in die lug geskiet, hy het nie geweet waarnatoe die pyl gaan nie. Hy het die koning van Israel raakgeskiet. Die pyl het ingegaan onder die plate van sy harnas. Die koning het vir die man wat sy oorlogkar gedryf het, gesê: “Draai om en neem my uit die oorlog, want iemand het my raakgeskiet.”
34 Maar almal het daardie dag so hard geveg dat die koning van Israel tot die aand op sy oorlogkar moes bly staan teen die Arameërs. Hy het gesterf toe die son ondergaan.