Bible

Focus

On Your Ministry and Not Your Media

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Chronicles 15

:
Afrikaans - ABA
1 Daar was 'n profeet Asarja, hy was die seun van Oded. Die Gees van God het op hom gekom,
2 en hy het na koning Asa toe gegaan en vir hom gesê: “Asa en al die mense van Juda en Benjamin, julle moet luister. Die Here sal by julle wees as julle Hom dien. As julle Hom wil dien, dan sal Hy tevrede wees, maar as julle Hom los, dan sal Hy júlle los.
3 Israel het 'n lang tyd nie die ware God gedien nie. Hulle het nie 'n priester gehad wat vir hulle kon leer nie en hulle het nie die wette van God geken nie.
4 Maar wanneer dit sleg gegaan het met hulle, dan het hulle teruggekom na die God van Israel en dan wou hulle Hom dien, en Hy was tevrede.
5 In daardie tyd kon 'n mens nie veilig rondgaan in die land nie, want in al die lande was daar probleme.
6 Volke en stede het mekaar aangeval, want God het hulle bang gemaak en Hy het hulle laat swaarkry.
7 Maar julle, julle moet sterk wees, julle moenie moedeloos wees nie, want julle sal beloning kry vir die dinge wat julle doen.”
8 Toe Asa die boodskap hoor wat die profeet Oded gebring het, het hy besluit wat hy wil doen. Hy het die afgodsbeelde laat wegvat uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy in die Efraim-berge gevat het. Hy het die altaar laat regmaak wat voor die voorportaal van die tempel was.
9 Toe het hy gesê al die mense van Juda en Benjamin moet bymekaarkom, en ook al die mense van die stamme Efraim, Manasse en Simeon wat in Juda en Benjamin kom woon het en wat daar vreemdelinge was. Baie mense van Israel het na Asa toe gekom toe hulle sien dat sy God die Here by hom is.
10 Hulle het bymekaargekom in Jerusalem in die derde maand van die vyftiende jaar nadat Asa koning geword het.
11 Hulle het daardie dag vir die Here offers gebring. Hulle het diere van die Kussiete gevat, en hulle het van daardie diere gegee om te offer. Dit was 700 beeste en 7 000 skape en bokke.
12 Hulle het 'n ooreenkoms gemaak met mekaar. Hulle het belowe om die Here, die God van hulle voorvaders, te dien met hulle hele hart en siel.
13 Hulle het besluit dat almal moet sterf wat nie die Here wil dien nie. Dit maak nie saak of hulle jonk of oud, man of vrou is nie.
14 Hulle het hard geskree en gejuig en hulle het trompette en ramshorings geblaas toe hulle dit alles belowe het en gesê het die Here is die getuie.
15 Almal in Juda was bly omdat hulle dit belowe het, want hulle het dit belowe met hulle hele hart. Hulle wou regtig die Here dien, en die Here was tevrede. Hy het vir hulle vrede gegee, daar was nie vyande rondom hulle nie.
16 Koning Asa het ook vir sy ouma Maäka gesê sy sal nie meer belangrik wees omdat sy 'n koning se ma is nie, want sy het 'n afgodsbeeld laat maak van die godin Asjera. Asa het die beeld omgegooi en stukkend geslaan. Hy het dit laat verbrand in die Kedron-vallei.
17 Daar was nog altyd offer-plekke in die land Israel, maar Asa het sy hele lewe lank aangehou om die Here te dien.
18 Asa het die gewyde presente van sy pa en sy eie gewyde presente in die tempel gebring. Dit was goud en silwer en ander goed.
19 Asa was 35 jaar lank koning, en in daardie tyd was daar nog nie oorlog in die land nie.