1 Chronicles 8ABA

1Benjamin het vyf seuns gehad. Die oudste seun was Bela, die tweede seun was Asbel, die derde seun was Agrag,

2die vierde seun was Noga, en die vyfde seun was Rafa.

3Bela se seuns was Addar, Gera, Abihud,

4Abisua, Naäman, Agoag,

5Gera, Sefufan en Guram.

6Die seuns van Egud was die familiehoofde van die mense wat in Geba gewoon het. Vyande het hulle gevang en weggevat na Managat. Hier is hulle name:

7Naäman, Agija en Gera het gevangenes geword. Gera was die pa van Ussa en Agigud.

8[8-10] Sagarajim het geskei van sy vroue Gusim en Baära, en daarna het hy en sy ander vrou Godes kinders in die land Moab gekry. Hulle was die ouers van Jobab, Siba, Mesa, Malkam, Jeüs, Sakeja en Mirma. Hulle was Sagarajim se seuns en hulle was familiehoofde.

9***

10***

11Sagarajim en sy vrou Gusim was die ouers van Abitub en Elpaäl.

12Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam en Semed. Semed het die stede Ono en Lod en die dorpe daar naby gebou.

13Beria en Sema was die familiehoofde van die mense wat in die stad Ajalon gewoon het. Hulle het die mense weggejaag wat in die stad Gat gewoon het.

14[14-16] Die seuns van Beria was Agjo, Sasak, Jeremot, Sebadja, Arad, Eder, Mikael, Jispa en Joga.

15***

16***

17Ander seuns van Elpaäl was Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,

18Jismerai, Jislia en Jobab.

19[19-21] Die seuns van Simi was Jakim, Sikri, Sabdi, Eljoënai, Silgi, Eliël, Adaja, Beraja en Simrat.

20***

21***

22[22-25] Die seuns van Sasak was Jispan, Eber, Eliël, Abdon, Sikri, Ganan, Gananja, Elam, Antotija, Jifdeja en Penuel.

23***

24***

25***

26[26-27] Die seuns van Jerogam was Samserai, Segarja, Atalja, Jaäresja, Elija en Sikri.

27***

28Hierdie manne was die hoofde van hulle families en hulle leiers. Hulle het in Jerusalem gewoon.

29Die voorvader van die mense van die stad Gibeon het in Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.

30Sy oudste seun was Abdon, en sy ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Nadab,

31Gedor, Agjo en Seker.

32Miklot was die pa van Sima. Hulle het ook by hulle familie in Jerusalem gewoon.

33Ner was die pa van Kis, Kis was die pa van Saul, en Saul was die pa van Jonatan, Malki-Sua, Abinadab en Esbaäl.

34Die seun van Jonatan was Meribbaäl, en Meribbaäl was die pa van Miga.

35Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tarea en Agas.

36Agas was die pa van Joadda, en Joadda was die pa van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die pa van Mosa.

37Mosa was die pa van Bina, Bina was die pa van Rafa, Rafa was die pa van Elasa, en Elasa was die pa van Asel.

38Asel het ses seuns gehad. Hier is hulle name: Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan.

39Asel se broer Esek het drie seuns gehad: Ulam, Jeüs en Elifelet.

40Die seuns van Ulam was belangrike manne. Hulle het met pyl en boog geskiet. Hulle het baie kinders en kleinkinders gehad, daar was 150 kinders en kleinkinders. Al hierdie mense was van die nageslag van Benjamin.

© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Choose Translation

Switch translation for 1 Chronicles 8.

Reading Settings

Paragraph viewDisplay verses as flowing paragraphs instead of individual lines
Show verse numbersDisplay verse numbers inline
Red letterHighlight the words of Christ in red

Sign in to save your reading preferences across sessions.